Thomas More

Thomas More
Thomas More
Sir Thomas More, geskilder deur Hans Holbein die Jongere

Lord Chancellor
Ampstermyn
Oktober 1529 – Mei 1532
Monarg Hendrik VIII
Voorafgegaan deur Thomas Wolsey
Opgevolg deur Thomas Audley

Kanselier van die Hertogdom van Lancaster
Ampstermyn
31 Desember 1525 – 3 November 1529
Monarg Hendrik VIII
Voorafgegaan deur Richard Wingfield
Opgevolg deur William FitzWilliam

Speaker van die House of Commons
Ampstermyn
16 April 1523 – 13 Augustus 1523
Monarg Hendrik VIII
Voorafgegaan deur Thomas Nevill
Opgevolg deur Thomas Audley

Persoonlike besonderhede
Gebore (1478-02-07)7 Februarie 1478
Londen, Engeland
Sterf 6 Julie 1535 (op 57)
Londen, Engeland
Eggenoot/-note Jane Colt (huwelik in 1505)
Alice Harpur (huwelik in 1511)
Kind(ers) Margaret
Elizabeth
Cicely
John
Alma mater Universiteit van Oxford
Lincoln's Inn
Religie Rooms-Katolieke Kerk
Handtekening
Sint Thomas More

Medallion van Thomas More
Heilige
Vereer in Rooms-Katolieke Kerk; Kerk van Engeland; sommige ander kerke van die Anglikaanse Gemeenskap
Saligverklaring 29 Desember 1886, Florence, Italië deur Pous Leo XIII
Heiligverklaring 19 Mei 1935, Vatikaanstad deur Pous Pius XI
Feesdag 22 Junie (Rooms-Katolieke Kerk)
6 Julie (Kerk van Engeland)
Attribute geklee in die mantel van die kanselier en die dra van die kraag van esse; byl
Beskermheilige Aangenome kinders; staatsamptenare; hofklerke; moeilike huwelike; groot gesinne; prokureurs, politici en staatsmanne; stiefouers; wewenaars; Ateneo de Manila Regskool, Bisdom Arlington; Bisdom Pensacola-Tallahassee; Kerala Katolieke Jeugbeweging; Universiteit van Malta, Universiteit van Santo Tomas Fakulteit van Kuns en Briewe

Thomas More (Latyn: Thomas Morus en onder katolieke bekend as Sint Thomas More; Londen, 7 Februarie 1478 – Tower Hill, 6 Julie 1535) was 'n Engelse renaissance-humanis, juris, filosoof en staatsman. Hy word bekend danksy sy boek Utopia (1516), waarin hy die politieke stelsel van 'n ideale niebestaande eilandnasie beskryf. Die beskrywing van Utopia vertoon 'n ooreenkoms met 'n sosialistiese welsynstaat. More gebruik dié boek om hom uit te spreek teen die ekonomiese en politieke beleid van Engeland. Hy word in 1935 deur pous Pius XI heilig verklaar en word gedenk op 22 Junie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search